fbpx

Vergadering Maandag 13 September 2004.

My opmerkings

1. Ek het Hester Steyn op 12 Julie 2004 gekontak om moontlike vergaderings, soos wat in JHB-streek gehou is,  te reel vir die Pretoria-streek. Sy het gese dat daar slegs 3 vergaderings gehou gaan word en vir my die datums gegee, maar geen lokale nie. Sy het ook gese dat ek die koerante moet dophou vir verdere besonderhede. Dit was opvallend dat die advertensie 'n dag voor die tyd in die Sondagkoerante geadverteer is. In Rapport in die Loopbane-seksie; die deel  wat min mense sal lees. Ek het nie. Sy het aan my per e-pos die uitnodiging gestuur.   Ek het dit Dinsdag, 7 September, ontvang. Minder as 'n week voor die vergadering. Daar was geen tyd om dit aan lede te pos nie en min lede het e-posfasiliteite.

2. Dit was opvallend dat die beamptes by die deur presies geweet het wie "ons" ander was en aan wie die agenda en die beleid uitgedeel moes word. Die beampte het na die persone wat die deure aan die agterkant of sykant binnegekom het, gestap,  om aan hulle die uitdeelstukke te gee.

3. Daar is baie klem gele^ op die feit dat dit die departement is wat die vergadering geree'l het. Opmerklik was die baie beamptes wat teenwoordig was om die registrasieproses te veduidelik.  Hulle het hulself geidentifiseer, maar nie die lede van die publiek nie. Die verduideliking van hoe die vergaderingsprosedures sal verloop was ook vir my opvallend. Die streng riglyne het die voorsittende beampte / fasiliteerder bemagtig om te besluit wat bespreek mag word en wat in 'n debat, volgens sy mening,  tuishoort. Ek het dit kostelik gevind dat daar na die stiptelikheid van begin van die vergadering verwys is. Die prosedure van tydige kennisgewings is duidelik geignoreer. (Sien my opmerking by punt 1).

4. 'n Openbare vergadering is oop, maar nogtans mag geen bandopnames gemaak word nie. Baie vreemd.  Ek is spyt ek het nie vir Alet Rademeyer van BEELD uitgenooi  nie.

5. Waar die departement voorheen erken het dat hulle nie alles weet nie en aan die prosedures werk, was dit opvallend hoe skerp hulle wou vertoon met intimidasie en gesag. Hulle steun swaar op die wetstoepassing as die alfa en omega, maar in werklikheid is daar nog baie ploeg en plantwerk nodig. Die departement is ook onderhewig aan die wet, maar dit is duidelik 'n aspek wat geignoreer word. Vir die tuisskoler om aan die vereistes te voldoen moet daar eers 'n brondokument beskikbaar wees. Die verantwoordelikheid is die departement sin om my in staat te stel om te kan registreer. Huidiglik is daar nie eers 'n raamwerk nie. Die doel is om net soveel mense moontlik geregistreer te kry en dan eise en voorwaardes af te dwing. Myns insiens, is dit 'n geval van die kar voor die perde span.

6. As ek 'n reg het om te tuisonderrig,  waarom  is toestemming nodig?  Mag net die staat my dan toestemming gee om my reg uit te oefen?

7. Hoekom is die departement steeds huiwerig en ontwykend  in die beskikbaarstel van die minimum vereistes van wat gevolg moet word?  K2005 is die minimum, maar steeds wil die departement besluit wat bygewerk moet word en wat nie. Die feit is deur 'n beampte bevestig. Maar steeds is hulle nie tevrede nie. Ek kry die idee dat dit nie oor die inhoud gaan nie, maar die "mens" wat geproduseer moet word. Almal moet dieselfde dink, voel en doen.

8. Die departement erken my reg om my kind te tuisonderrig, maar my keuse  van hoe en watter studiemateriaal ek gebruik, wil die departement beperk. Hoekom?

9. Die nasionale kurrikulum is 'n basiese raamwerk en alle leerders moet studiemateriaal bywerk. (Sien my punt 6 hierbo)  Dus, as ek van 'n kurrikulumverskaffer gebruik maak, wat reeds deur navorsing studiematriaal so opgestel het dat dit aan al hierdie kriteria/uitkomstes voldoen, waarom mag ek nie? Die beampte van die kurrikulum afdeling het self 'n voorbeeld opgehaal dat geen twee leerders dieselfde respons/antwoord/portefeulje sal weergee nie. Hoe objektief is die assesseerders dan? Gaan dit oor die puntetoekenning of die bepaalde denkwyse wat gehuldig moet word?

10. In sake die assesserings: is opvoedkundige sielkundiges dan nie reeds deur die staat "goedgekeur" nie? Daar is verwys na die provinsiale - en nasionale vlak verskille tov die "revised" Kurrikulum 2005, wat ruimte laat vir vele interpretasies. Dit lyk,  waar dit  tuisonderrig aangaan, sal geen interpretasies toegelaat word nie. Ons moet maar net die nasionale kurrikulum volg, of anders...Dit was ook opvallend dat erken is dat daar nie na die "revised" kurrikulum 2005 as sulks verwys moet word nie, eerder die nasionale kurrikulum.

11. Hulle misken die Vereniging vir Tuisonderwys en die Pestalozzi Trust in die sin dat hulle wil voorgee dat dit slegs die departement is wat syfers kan deurgee. UIt vorige vergaderings het Hester erken dat meer as 30 kurrikulum en diensverskaffers beskikbaar is. Waarom nie die mense uitnooi en met hulle ook vergaderings hou nie? Hoekom wil hulle so graag in beheer? Wil die departement in hierdie stadium eers by die begin begin om die kurrikulum uit te vind? Die departement is baie jare after.  Die tuisskoler het reeds deur navorsing al baie inligting tov die verskillende kurrikulums, naskoolse opleiding, ens versa.  Die staat kan baie tyd spaar deur net te vra.....

12. Hoe gaan die 1000 beamptes, wat as assesseerders opgelei is, op hoogte bly met die nuutste veranderings? Versil hul opleiding ook van streek tot streak en van provinsie tot provinsie?  Geen twee mense gaan ooreenstem met die toepassing van die stelsel nie.

13. Die departement wil tydens  'n tuisbesoek al die dokumentasie wat saam met die aansoek ingredien moet word, verivier. Hoekom is dit nodig as al die dokumente reeds gesertifiseer moet wees?

14. Dan die registrasiedokument:  Nommer 2.10: waarom sal die inligting van 2 persone wat nie huisbewoners is nie, benodig word. Ek meen die inligting is privaat.     Punt 3: hoekom is dit nodig om die uitoefening van 'n reg te motives? Ek  verstaan dit nie. Dit is my reg en baste!   Punt 5b): ek kan nie onderneem om aan die voorwaardes van registrasie te voldoen as dit nie in die aansoekvorm uiteengesit is nie. Word dit dan later na guidance bygevoeg?  Dit is soos om 'n blanco kontrak te onderteken.

15. Die opmerking dat winner 'n aansoek gawkier word, en die aansoeker dit na die minister verwys, sy/haar besluit final is, laat my wonder? Hoe en waar hou my reg dan op bestaan?  My reg kan net deur 'n wanpraktyk/wandered wat ek peg, van my Waggener word. Deur nie van my reg gebruik te maak doen ek per implicative fastened daarvan. Sal ek die aansoek na die konstitisionele en ander Howe kan neem?

16. Ek probeer die situasie vir myself te verklaar aan hand van die volgende: winner ek 'n motor kop en op openbare pair wil bestuur, is daar reels en regulasies waaraan ek moet voldoen. Ek weet vooraf wat my regte en verpligtinge is. Ek moet betaal om 'n licensee te bekom. Daar word nie aan my voorgeskryf watter fabricate of grotto motor nie, ook nie winner en waar ek dit mag dines nie, ens. ens.  Wanneer ek fiefdom kop, is dit dieselfde. Ek kan causes uitoefen.

17. Alles wat in die vergadering geopper is, kan in 'n inligtingsdoument beskikbaar gestel word. Baie tyd, man-urea en geld is overawes en die geen ordering is gemaak nie.

Ek het die lokaal om 15h40 verlaat, omdat my dogter 'n balletklas bygewoon het as afronding vir die komende Dans Eisteddfod.

Ek is met reg baie bekommerd en beswaard oor die verwikkelinge.

Ek het met 'n persoon gepraat wat opgelei is in onderhandelingsvaardighede met regerings. Hy kon nie glo dat ons die verrigtinge geduld het nie. Die hele verloop van die vergadering was buite orde. Sy mening was o.a. dat omdat geen agenda vooraf beskikbaar was nie en ook geen notules na die tyd nie, het ons die reg gehad om op te staan en uit te stap.

Ek is ook beswaard oor die houding van die tuis skool ouers wat soos volstruise met koppe in die sand is. Om feite te ignoreer, sal dit nie laat weggaan of verbeter nie. Hou op om Leendert en wie ook al te blameer. Wat het jy gedoen om die situasie vir die tuisskoler te beding, te verstewig, te wettig en te bemark? Dit is nie die kurrikulumverskaffer se taak om die lewe vir ons makliker te maak nie , ook nie om ons te "beskerm" nie. Ons indivuduele regte sal ons kan beskerm deur saam te staan, saam besluite te neem en saam op te tree. Dit is nie vir my 'n geval van "hulle" teen "ons" nie,(ook nie andersom nie),  maar my grondwetlike reg wat ek wil opeis, gaan opeis en gaan veg om dit vir my nageslag te behou om ook te kan geniet.

Lorraine van Dyk

sekretaresse : Vereniging vir Tuisonderwys

Hester Steyn van die Gauteng Departement van Onderwys gesels met tuisleerders.

Legal & Research

Research on Home Education

Research on home education consistently proves that home learners

+ View

Homeschooling and the law

Home schooling was recognized in 1996 in the SA Schools Act.

+ View

History of homeschooling in SA

History of home education in South Africa (Wikipedia article)

+ View

Centres

Learning centre overview

Homeschool, micro-school, learning centre, unregistered private

+ View

Start a Learning Centre

Important considerations when starting a learning centre

+ View

Find a learning centre

There are various ways to find learning centres. Since there is

+ View

Homeschool ABC

A

Approaches

Popular homeschooling approaches and styles ...

+ View
B

Beginning

5 Easy steps to start homeschooling ...

+ View
C

Curriculum

How to choose a curriculum for your family ...

+ View

Videos

Support

Homeschool Family blogs

Blogs by homeschooling families that share their experiences and ...

Tutors

Tutors provide additional support to homeschooling parents. ... ...

Support Groups

Forums where parents and learners discuss issues with each other and ...

Assessment Tools

Homeschoolers make use of a variety of formal and informal ...

Curriculums

Welcome / Welkom

SAHomeschoolers.Org is an independent website that promotes home ...

Accelerated Christian Education

Education Solutions from Preschool to Grade 12

Q & A

Most
  • Prev
  • Curriculums & Resources