Loading

Homeschoolers R Us

Tutors

Parents that would like to make use tutors to assist with their home education can click here for advertisements of individuals or organisations that provide private tutoring services.

Twitter feed

Support the Association

Click on the image to apply for a MySchool card and select "Association for Homeschooling" as a beneficiary.

Our Mission

 

Since its inception in 1992, the Association for Homeschooling has promoted the recognition of the right of parents to educate their children within the family in South Africa, as it is recognised in art. 26 of the Universal Declaration of Human Right which states: “Parents have a prior right to choose the kind of education that shall be given to their children.” Since 2010, the Association also promotes these parental rights in the larger Southern Africa region.

Free Domain Name

Banner
Loading

Blog Articles

Weskaapse onderwysdepartement intimideer tuisskoolouers

Posted on
  • Font size: Larger Smaller
  • Hits: 1814
  • 2 Comments
  • Print
  • PDF

In die Tygerburger van 8 Augustus het die Wes-Kaapse Department van Onderwys ’n kennisgewing geplaas met die titel “Ken die feite oor tuisonderrig”. In die kennisgewing word onder andere beweer dat ouers vir hulle kinders moet goedkeuring kry alvorens hulle met tuisonderwys begin, dat die kurrikulum wat gevolg moet word in lyn met die Nasionale Kurrikulumverklaring moet wees en dat leerders vanaf Gr.9 by ’n skool ingeskryf moet wees.

Baie ouers wat tuisonderwys gee is geskok deur hierdie kennisgewing. Die genoemde vereistes wat in die kennisgewing beskryf word is in stryd met die wet. In September 2010 het die Wes-Kaapse onderwys departement ’n soortgelyke kennisgewing geplaas, en toe is die onderwysdepartement daarop gewys dat hierdie vereistes onwettig is. Die Pestalozzi Trust het 'n brief geskryf en die Pestalozzi Trust saam met die Vereniging vir Tuisonderwys en die Cape Home Edcators het met amptenare van die onderwysdepartement vergader en die onwettige aard van hierdie vereistes onder hulle aandag gebring en dit bespreek. Terwyl die onderwysdepartement weet dat hulle vereistes onwettig is, probeer hulle nogtans weer om ouers met hierdie kennisgewing te intimideer.

Die hoogste wet in Suid-Afrika is die grondwet. Volgens die grondwet dra die kind se beste belange die hoogste gesag in sake wat kinders betref. ’n Vereiste dat ouers moet goedkeuring kry voor ’n sekere datum alvorens hulle kan begin met tuisonderwys het niks te doen met die beste belang van die kind nie, maar dit gee aan amptenare by die onderwysdepartement beheer oor ander mense se kinders. Hierdie soort vereistes is daarom in stryd met die grondwet. As ouers byvoorbeeld in Januarie sou besluit dat hulle wil tuisonderwys gee, omdat hulle kind by die skool geboelie word, sou hierdie vereiste impliseer dat die ouers die kind moet laat boelie vir die res van die jaar, sodat hulle voor 30 September kan aansoek doen om tuisonderwys te gee in die volgende jaar. Dan kom hierdie vereistes eenvoudig neer op geïnstitusionaliseerde kindermishandeling.

Die grondwet bepaal in art. 39(1)(b) dat die howe die handves van regte moet interpreteer in terme van internasionale reg.  Een so ’n stuk internasionale reg is art. 26(3) van die Universele Verklaring van Menseregte wat bepaal dat ouers die reg het om te kies watter tipe opvoeding hulle kinders ontvang. Indien ouers eers moet toestemming vra by die onderwysdepartement alvorens hulle met tuisonderwys begin, word hierdie ouerlike reg ingeperk, wat weereens ongrondwetlik is.

Regter Cynthia Pretorius het op 25 Maart 2011 in die hooggeregshof in Pretoria uitgespreek dat die nasionale kurrikulum nie bindend is vir onafhanklike skole en ouers wat tuisonderwys gee nie. Die Wes-Kaapse onderwysdepartement handel daarom onwettig indien hulle van ouers vereis dat hulle die nasionale kurrikulum moet volg.

Verder beweer die kennisgewing dat tuisleerders nie Gr. 9 tot Gr. 12 kan doen nie. Indien tuisleerders nie ’n matriek kan verwerf nie, dan kan tuisleerders nie toegelaat word tot verdere onderwys nie. Die grondwet bepaal egter dat alle burgers die reg het tot verdere onderwys. Dit is daarom ongrondwetlik van die Wes-Kaapse onderwysdepartement om te diskrimineer teen tuisleerders deur vereistes daar te stel waarvolgens grondwetlike reg op verdere onderwys ingeperk word.

Dit behoort duidelik te wees uit bg. argumente dat die Wes-Kaapse departement van onderwys allerhande vereistes stel aan ouers wat tuisonderwys gee, wat nie deur die wet voorgeskryf word nie. In so ’n situasie is dit wettig om nie te registreer by die Wes-Kaapse onderwysdepartement nie. Dit is omdat ouers wat hulle aan die wet wil hou, deur nie aan die provinsiale owerheid se onwettige vereistes te voldoen nie, dat 90% van ouers hulle kinders nie vir tuisonderwys registreer nie. Ouers wat tuisonderwys oorweeg word aanbeveel om regsadvies te kry alvorens hulle hul verbind aan allerhande onwettige vereistes as hulle registreer by die onderwysdepartement. Omdat sulke regsadvies duur is, is daar ’n regsfonds vir tuisonderwys gestig, wat regsondersteuning vir tuisskoolouers bekostigbaar maak. Die besonderhede van die regsfonds kan gevind word by www.pestalozzi.org

Die Vereniging vir Tuisonderwys het op hierdie kennisgewing gereageer deur 'n brief te skryf aan die Tygerburger, waarin die redes uiteengesit word waarom die vereistes van die onderwysdepartment in stryd is met die wet. Kliek hier vir 'n skakel na die brief.

Western Cape discriminates against homeschoolers

0

Comments

  • Marelize Keyter Friday, 10 August 2012

    Hoe verstaan 'n mens 'skoolpligtig' dan? Kinders is "verplig" om skool te gaan tot 15 (gr 9) en daarna te gaan werk (wat seker teoreties sou insluit as 'n ingenieur, dokter of selfs professor?).

    'n Kind wat dus verdere studies wil onderneem (gr 10-12) is binne die verband van 'skoolplig' eintlik op sy eie en het nie nodig om dit deur een of ander afgedwingte kanaal te doen nie?

  • Bouwe van der Eems Saturday, 11 August 2012

    Ouers is verplig om hulle kinders skool toe te stuur van die ouderdom 7 - 15, of alternatiewelik die kinders te registreer vir onderwys tuis. Gr. 10 - 12 val egter buite die jare van skoolplig, en daarom is niemand verplig om Gr. 10 - 12 te doen nie. Die beoogde regulasies se egter dat jy nie toegelaat sal word tot Gr. 10, indien jy nie Gr. 9 in 'n skool gedoen het nie. Verder bepaal dit dat Gr.10 - 12 slegs in 'n skool gedoen kan word.

  • Please login first in order for you to submit comments

To download a free Beginners Guide and Article on Matric.

Resources

Hodder Books
Effective learning resourc ...
Benoni, Boksburg, Kempton ...
Classical Comics
Musiek maak is kinderspele ...
Powerpoints and worksheets
Macmillan Mindset Support
Macmillan Solutions For Al ...

Special Offers

Tutors

Ouers wat gebruik wil maak van tutors om hulle by te staan in hulle tuisonderwys kan hier kliek vir advertensies van individue en organisasies wat private tutor dienste aanbied.

Ons Missie

Sedert sy oprigting in 1992 het die Vereniging vir Tuisonderwys hom beywer vir die erkenning van ouers se reg om hulle kinders binne familieverband op te voed in Suid-Afrika, soos dit erken word in art. 26 van die Universele Verklaring van Menseregte wat verklaar: “Ouers het die reg om te kies watter tipe opvoeding hulle kinders ontvang.” Sedert 2010 bevorder die vereniging hierdie ouerlike regte ook in die Suider-Afrikaanse streek.