Loading

Homeschoolers R Us

Tutors

Parents that would like to make use tutors to assist with their home education can click here for advertisements of individuals or organisations that provide private tutoring services.

Twitter feed

Support the Association

Click on the image to apply for a MySchool card and select "Association for Homeschooling" as a beneficiary.

Our Mission

 

Since its inception in 1992, the Association for Homeschooling has promoted the recognition of the right of parents to educate their children within the family in South Africa, as it is recognised in art. 26 of the Universal Declaration of Human Right which states: “Parents have a prior right to choose the kind of education that shall be given to their children.” Since 2010, the Association also promotes these parental rights in the larger Southern Africa region.

Free Domain Name

Banner
Loading

Blog Articles

Professor dop die toets

Posted on
  • Font size: Larger Smaller
  • Hits: 1148
  • 0 Comments
  • Print
  • PDF

Onderstaande brief is deur Leendert van Oostrum geskryf aan Beeld, as reaksie op die aanval van prof. Jonathan Jansen op Christelike onderwys en tuisonderwys. Leendert van Oostrum is voorsitter van die Pestalozzi Trust.

---------------------------------------------------

Professor Jonathan Jansen se verkrampte onderrok hang weer 'n myl ver uit in sy artikel "Dié universiteit hou gevaar in" (Beeld 5/9/12). Daarin trek hy te velde teen die idee van 'n Christelike Afrikaanse universiteit en teen tuisonderwys.

In sy drang om sy premoderne idees oor die Sosiologie van die Onderwys te verkondig, verklap hy 'n growwe onkunde oor die onderwerp waaroor hy skryf.

Onder die meer as vyftig  geregistreerde private universiteite in Suid-Afrika is daar een wat reeds amper twintig jaar lank, deur medium van Afrikaans, geakkrediteerde grade in gereformeerde teologie en in die sielkunde en opvoedkunde aanbied. Ek weet ook van private universiteite wat sonder skroom verkondig dat hulle onderskeidelik vanuit Katolieke, Baptiste en Adventiste-perspektiewe onderrig. Beskou die professor hulle ook as "gevaarlik"?

Met sulke dwase uitsprake loop die professor die gevaar om die Malema van die intelligensia te word. Hy kry 'n "G" vir sy huiswerk.
Waar dit tuisonderwys aangaan, wil ek die prof graag nooi na die eerste globale konferensie oor tuisonderwys wat in November vanjaar in Berlyn aangebied word, en wat deur beleidmakers vanoor die wêreld, insluitende onderwysnavorsers en parlementslede uit vele lande bygewoon en toegespreek sal word. Die hoofspreker was tot onlangs Direkteur-Generaal van Onderwys in Finland, wat deur UNESCO beskou word as die land met die beste onderwys ter wêreld.

Vriendelike groete,
Leendert van Oostrum

Reaksie op prof. Jansen se aanval op tuisonderwys

0

Comments

To download a free Beginners Guide and Article on Matric.

Resources

Phonic books & flash cards
Macmillan Clever Books
Macmillan Solutions For Al ...
Legal protection for learn ...
Afstandsonderrig
Macmillan Matric Study Gui ...
Leersentrum Poslys
Cambridge Textbooks

Special Offers

Tutors

Ouers wat gebruik wil maak van tutors om hulle by te staan in hulle tuisonderwys kan hier kliek vir advertensies van individue en organisasies wat private tutor dienste aanbied.

Ons Missie

Sedert sy oprigting in 1992 het die Vereniging vir Tuisonderwys hom beywer vir die erkenning van ouers se reg om hulle kinders binne familieverband op te voed in Suid-Afrika, soos dit erken word in art. 26 van die Universele Verklaring van Menseregte wat verklaar: “Ouers het die reg om te kies watter tipe opvoeding hulle kinders ontvang.” Sedert 2010 bevorder die vereniging hierdie ouerlike regte ook in die Suider-Afrikaanse streek.