Loading

Homeschoolers R Us

Tutors

Parents that would like to make use tutors to assist with their home education can click here for advertisements of individuals or organisations that provide private tutoring services.

Twitter feed

Support the Association

Click on the image to apply for a MySchool card and select "Association for Homeschooling" as a beneficiary.

Our Mission

 

Since its inception in 1992, the Association for Homeschooling has promoted the recognition of the right of parents to educate their children within the family in South Africa, as it is recognised in art. 26 of the Universal Declaration of Human Right which states: “Parents have a prior right to choose the kind of education that shall be given to their children.” Since 2010, the Association also promotes these parental rights in the larger Southern Africa region.

Free Domain Name

Banner
Loading

Blog Articles

Prof. Jansen se frustasie

Posted on
  • Font size: Larger Smaller
  • Hits: 1776
  • 0 Comments
  • Print
  • PDF

Ondergenoemde artikel is geskryf deur ‘n afgetrede lektor by ’n Suid-Afrikaanse universiteit, wat die lesers ’n insig gee hoe dinge in die praktyk op sommige universiteite gebeur. Die naam van die skrywer en die universiteit word op versoek van die skywer anoniem gehou. ------------------------------

Met volle simpatie het ek prof. Jonathan Jansen se artikel en kommentaar gelees m.b.t. “Die verneukery met uitslae” (DB 13-1-2012) en “Sou ek my kind hier skool toe stuur?” (By 14-1-2012).

Vergun my om by voorbaat te sê dat ek “wit” is, gepensionneerd en grys hare het. Meer as 20 jare was ek, na ‘n lang periode in die sake sektor, ‘n dosent by ‘n instelling van tersiêre onderwys. Het die “liberation before education”  revolusie oorleef, weet hoe om korte mette te maak met traangas aanvalle van die polisie, hoe om ‘n oproerige studente skare te beheer terwyl ek klas gee vir plus minus 200 studente, (as dosent het ek verantwoordelik gevoel vir die veiligheid van studente wat in my klas was). Verder het ek aanhoudend toets- en eksamenvrae plus antwoord memoranda opgestel en was oorwegend teleurgesteld oor die studente se resultate. ‘n Slaagsyfer van 40% was geen uitsondering nie (ongeag of hulle 1ste., 2de., of finale jaars’ studente was) nie.
Gevolglik was ek meer as een keer op die “rooi tapyt”. Die studenteraad was dikwels in my kantoor met die eis (demand) om punte op te stoot. Ek het, na uitvoerige verduideliking, geweier. Die volgende stasie was die departementshoof wat geëis het dat ek al die skrifte weer nasien (daar was dikwels drie honderd of meer!) om te sien of ek genadiglik nie punte kon verbeter nie.

Ek kon of wou nie.

Die volgende stasie was die universitet’s owerheid (senaat of rektor). Selfde storie. Kan ek asb. die punte nie met 15 tot 20 % opstoot nie. Ek het geargumenteer waar die eksamen vrae vandaan kom. Bls. soveel van die voorgeskrewe boek of uitgereikte nota’s en wanneer dit in die klas behandel is. Ek het voet by stuk gehou. Boonop het ek bewys, met behulp van aanwesigheidsregisters, dat klasbywoning pateties was, om die minste te sê.

Dit het my akademiese loopbaan geen goed gedoen nie. Persoonlik het ek nie omgegee nie. Dit was my plig om die beste vir die studente te gee en ek het.

Ongelukkig was ek lid van die fakulteit se studente sake komitee. Alweer dieselfde storie. Tot my stomme verbasing was dit nie ‘n student se prestasie in die eksamen nie maar eerder ‘n student se potensiaal wat die deurslaggewende faktor sou wees.. Ek het simpatie gehad met die argument maar wie bepaal ‘n student se potensiaal? Is dit ‘n universiteit se taak?

Op sagmoedige wyse is ek verwys na ‘n ander departement se beleid om voor die eksamen die “moontlike eksamen vrae” bekend te maak. Meesal vier of vyf, waar van die studente verwag word om drie vrae of so te beantwoord. Die departement se slaagsyfer was uit die aard van die saak baie hoër as myne.

Vandag, skat ek, sit hulle met hul skootrekenaars in hul kantore, verdien ‘n uiters redelike salaris (geen probleem daarmee nie) en het hulle BMW’s met of sonder blou ligte. Waar dit egter by dienslewering en administrasie kom het ek my twyfels en kan waarskynlik baie verduidelik.

Dis die universiteit.

Nou kom ek by matriek.

Ek het aansoek gedoen vir ‘n pos as eksamen opsigter.
Toegegee, ek het ‘n verskuilde agenda gehad want ek wou weet wat die standaard van die matriek eksamen vrae was.
Met ‘n uitsondering hier en daar kan ek kategories verklaar dat dit lagwekkend was. Het prof. Jansen nie gesê dat studente (skuus, leerders) moes aansoek doen om te druip nie? Ek stem saam.

Daardie arme studente gaan universiteit toe waar die meeste nie hoort nie (potensiaal “of the not”). Hulle maak dit dan ook nie. Jammer vir die universiteit wat se subsidie van die owerheid ‘n samestelling is van die “intake, throughput and output” van studente, plus navorsing publikasies waarvoor die meeste (ek ingesluit) nie kans gesien het nie vanweë die enorme las van skrifte nasien, die opstel van toets- en eksamen vrae en antwoord memorandums, oneindige departement’s en fakulteit’s vergaderings, ens.

Sien, ek het volle simpatie en begrip vir prof. Jansen. Van my kant is daar hoegenaamd geen saak van “suur druiwe” nie. Ek het klasgee baie geniet. Om rou materiaal te kan omvorm tot “mense wat weet” was vir my ‘n voorreg.

Die kersie op die koek is dat ek, amper daagliks, mense in winkel sentrums, op konferensies, lughawens, e.d.m. ontmoet om my te groet met “Weet u nog/wel ...?”. Ek weet nie meer nie maar dit gee my veel genoegdoening.

0

Comments

To download a free Beginners Guide and Article on Matric.

Resources

Hodder Books
Online assessments
Nat Science & Tech Kit - G ...
Home education consulting
Classical Comics
Phapo se geskenk
Afstandsonderrig
eLearning Superstore

Special Offers

Tutors

Ouers wat gebruik wil maak van tutors om hulle by te staan in hulle tuisonderwys kan hier kliek vir advertensies van individue en organisasies wat private tutor dienste aanbied.

Ons Missie

Sedert sy oprigting in 1992 het die Vereniging vir Tuisonderwys hom beywer vir die erkenning van ouers se reg om hulle kinders binne familieverband op te voed in Suid-Afrika, soos dit erken word in art. 26 van die Universele Verklaring van Menseregte wat verklaar: “Ouers het die reg om te kies watter tipe opvoeding hulle kinders ontvang.” Sedert 2010 bevorder die vereniging hierdie ouerlike regte ook in die Suider-Afrikaanse streek.