Loading

Homeschoolers R Us

Tutors

Parents that would like to make use tutors to assist with their home education can click here for advertisements of individuals or organisations that provide private tutoring services.

Support the Association

Click on the image to apply for a MySchool card and select "Association for Homeschooling" as a beneficiary.

Our Mission

 

Since its inception in 1992, the Association for Homeschooling has promoted the recognition of the right of parents to educate their children within the family in South Africa, as it is recognised in art. 26 of the Universal Declaration of Human Right which states: “Parents have a prior right to choose the kind of education that shall be given to their children.” Since 2010, the Association also promotes these parental rights in the larger Southern Africa region.

Banner
Loading

Blog Articles

Kurrikulum verskaffers: Hoe moet ouers hulle hanteer?

Posted on
  • Font size: Larger Smaller
  • Hits: 1224
  • 0 Comments
  • Print
  • PDF

Op tuisonderrig poslyste lees mens dikwels van tuisskoolouers wat moedeloos is met kurrikulumverskaffers vir ’n verskeidenheid redes. Die materiaal daag laat op. Die inhoud van die kurrikulum druis in teen die ouers se waardes. Ouers kan nie deurkom op die telefoonlyne nie. Vakouteurs is nog nie aangestel nie, of het nog nie hulle materiaal gekry nie. Dis nie moontlik om te registreer op die eksamenraad se webwerf nie.

Aan die een kant het mens baie begrip vir die kurrikulumverskaffers. Die tuisonderrigmark is besig om vinnig te groei, en die klein besighede wat aan hierdie mark probeer voorsien het nie die nodige kapitaal om die groei te kan finansier nie. Verder vereis skole dat ouers al so vroeg as Maart moet registreer om hulle kinders die volgende jaar na die skool toe te stuur, terwyl baie ouers skielik in Januarie besluit om tuisonderrig te gee. Met die gevolg dat die telefoonlyne van kurrikulumverskaffers oorlaai is vir Januarie en Februarie.

Om te verhoed dat ouers moedeloos word met kurrikulumverskaffers, verskaf ek graag die volgende advies:

  1. Bestel die kurrikulummateriaal betyds. Verkieslik Oktober of November die vorige jaar, voor u die materiaal nodig het. Net soos skole, het kurrikulumverskaffers ook tyd nodig om al die materiaal in orde te kry voor die skooljaar begin.
  2. Indien u die materiaal betyds bestel het, maar die verskaffer lewer die materiaal laat af, dan het u reg om aan te dring op grasie om werkstukke dien ooreenkomstig laat in te dien, sonder om daarvoor gepenaliseer te word. Hou rekord van wanneer u veronderstel was om die materiaal te ontvang, en wanneer dit  ontvang is, en gebruik dit om grasie te onderhandel.
  3. Volgens die grondwet is kinders geregtig op ouerlike sorg. Dit beteken dat u as ouer verantwoordelik is daarvoor om u kinders te beskerm teen enige invloede wat u meen nadelig is vir u kind. Indien u meen dat daar enigiets in die kurrikulum is wat  nadelig is vir u kind, dan is u geregtig daarop om aan te dring dat u kind nie daardie deel van die kurrikulum behandel nie, nie die eksamenvrae oor daardie dele  beantwoord nie, en ook nie werkstukke oor daardie dele te doen nie. En u kind mag nie daarvoor gepenaliseer word nie. Wanneer u dit doen, is dit egter belangrik dat u die kurrikulumverskaffer in kennis stel daarvan dat u dit doen.
  4. As u byvoorbeeld moet inteken op die kurrikulumverskaffer of die eksamenraad se stelsel om iets te doen, maar u kry dit nie reg nie, hoef u nie aan te hou om te probeer tot u moedeloos is nie. Probeer een of twee keer. Indien u nie suksesvol is nie, probeer hulle bel op die nommer wat gepubliseer is. Indien u nie na een of twee keer deurkom nie, stuur ’n epos waarin u hulle in kennis stel dat u redelik pogings aangewend het om aan hulle versoek te voldoen, maar dit nie kon doen nie, en dat hulle u in kennis moet stel wat die volgende stap is.

Alhoewel mens baie begrip het vir die probleme wat kurrikulumverskaffers ervaar, moet ouers egter verhoed dat hulle verantwoordelikheid neem vir die kurrikulumverskaffers se probleme. Ouers moet nie ander se probleme hulle s’n maak nie, maar eerder fokus op hulle eie kinders.

Ouers moet ook nie ontsteld raak oor die probleme wat hulle ervaar nie, want elke probleem wat hulle ervaar is ’n geleentheid om vir iets te onderhandel wat die kurrikulumverskaffer moet doen om die ouers te vergoed vir hulle ongerief. Ouers moet nie fokus op die probleem nie, maar op die toegewing wat hulle wil hê. Bv., indien die kurrikulumverskaffer ouers se tyd mors deur laat af te lewer, dan moet hulle die ouers vergoed deur uitstel te verleen op afsluitdatums. Ouers wat meer wil leer oor hoe om die onderhandeling te hanteer kan gerus die boek “Everything is Negotiable” deur Gavin Kennedy lees.

Een van die belangrikste take van tuisskoolvaders is dat hulle ’n veilige omgewing moet skep waarin die moeder kan funksioneer. Wanneer probleme met ’n kurrikulumverskaffer ’n spanningsvolle omgewing skep, kan dit die tuisonderrig negatief beïnvloed. Dan moet moeders die probleme oorgee aan die vaders om die probleme met die kurrikulumverskaffer aan te spreek. Vaders is dikwels meer geskik hiervoor, aangesien hulle heelwat minder geduld het met die verskaffer se verskonings.

Uit die praktyk het ek ook geleer dat 'n 3-party konferensie op 'n telefoonstelsel wondere kan verrig. Ek het eenkeer gesukkel met 'n vakouteur wat nog nie die materiaal ontvang het nie. Ek stel toe 'n 3-partykonferensie op met die vakouteur, die algemene bestuurder van die kurrikulumverskaffer en myself, en binne 5 min is die probleem opgelos.

‘n Belangrike hulpmiddel wat ouers kan gebruik in onderhandelings met verskaffers is die Verbruikerswet. Vir ’n maklik leesbare gids oor hierdie wet kan ek die boek “Ken jou verbruikersregte” deur Adv. NJ Melville aanbeveel.

Tuisskool kurrikulums

0

Comments

To download a free Beginners Guide and Article on Matric.

Resources

Helps you help your child
Benoni, Boksburg, Kempton ...
Accounting Game
Musiek maak is kinderspele ...
Online assessments
Macmillan Mindset Support
Grade 10 – 12 online pract ...
IMPAK Learning Centres

Special Offers

Tutors

Ouers wat gebruik wil maak van tutors om hulle by te staan in hulle tuisonderwys kan hier kliek vir advertensies van individue en organisasies wat private tutor dienste aanbied.

Ons Missie

Sedert sy oprigting in 1992 het die Vereniging vir Tuisonderwys hom beywer vir die erkenning van ouers se reg om hulle kinders binne familieverband op te voed in Suid-Afrika, soos dit erken word in art. 26 van die Universele Verklaring van Menseregte wat verklaar: “Ouers het die reg om te kies watter tipe opvoeding hulle kinders ontvang.” Sedert 2010 bevorder die vereniging hierdie ouerlike regte ook in die Suider-Afrikaanse streek.

Free Domain Name