Loading

Homeschoolers R Us

Tutors

Parents that would like to make use tutors to assist with their home education can click here for advertisements of individuals or organisations that provide private tutoring services.

Twitter feed

Support the Association

Click on the image to apply for a MySchool card and select "Association for Homeschooling" as a beneficiary.

Our Mission

 

Since its inception in 1992, the Association for Homeschooling has promoted the recognition of the right of parents to educate their children within the family in South Africa, as it is recognised in art. 26 of the Universal Declaration of Human Right which states: “Parents have a prior right to choose the kind of education that shall be given to their children.” Since 2010, the Association also promotes these parental rights in the larger Southern Africa region.

Free Domain Name

Banner
Loading

Blog Articles

Intergeloof in onderwys weer bevestig

Posted on
  • Font size: Larger Smaller
  • Hits: 1644
  • 0 Comments
  • Print
  • PDF

In die 2012 begrotingstoespraak het die minister van Basiese onderwys weereens haar verbintenis tot die Intergeloof godsdiens bevestig toe sy sê : “A vital component of our strategy is working with partners in the private sector, higher education, NGOs, traditional leadership, interfaith organizations and broader society.

In die begrotingsrede van 2011 het die minister alreeds die band bevestig tussen die Departement van Basiese Onderwys en die Intergeloof beweging toe sy gesê het : “It is behind this background that we launched the Bill of Responsibilities in partnership with Lead South Africa and the South African Inter-Faith Council. This will help in raising awareness around the Bill of Responsibilities so as to promote the Bill of Rights, constitutional values and civic responsibilities.

Hierdie aankondiging bevestig weereens die band tussen die Departement van Onderwys en die Intergeloof beweging, soos dit uitgewys is tydens die veldtog teen die invoering van die Nasionale Kurrikulum in 2001.

In 2001 is die Hersiene Nasionale Kurrikulum vrygestel vir publieke kommentaar. As dit nie was vir die Pestalozzi Trust nie, sou hierdie kurrikulum stilweg aanvaar word sonder veel publieke kommentaar. Die Pestalozzi Trust het egter ‘n veldtog van stapel gestuur om die publiek bewus te maak van hierdie kurrikulum en hulle opgeroep om kommentaar te lewer. Kliek hier om ’n boodskap van die Pestalozzi Trust te lees waarin die essensiële besware teen die kurrikulum uiteengesit word.

Een van die grootste besware was dat die kurrikulum, veral in die leerarea van “Lewensorientering”, die Intergeloof godsdiens bevorder. Volgens hierdie godsdiens is alle godsdienste in die wêreld menslike versinsels en is daar nie ’n ding soos ’n ware godsdiens en ’n valse godsdiens nie. Alle godsdienste is gelyk.

Sarel van der Merwe het 'n video gemaak oor hierdie strategie van die destydse minister van onderwys, prof. Kader Asmal, en sy anonieme raadgewers, om die Intergeloof godsdiens te bevorder deur middel van ’n nasionale kurrikulum. Die titel van die video is : "Intergeloof in die Onderwys". Kliek hier om ’n uittreksel uit hierdie video op Youtube te sien. In hierdie video word die bande tussen die minister van onderwys, sy raadgewers en die Intergeloof beweging aangetoon. Indien u belangstel om die video te koop kan u Sarel van der Merwe kontak by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Toe die veldtog van die Pestalozzi Trust daartoe gelei het dat die strategie van die minister duidelik geraak het vir die publiek, het die minister heftig gereageer. Kliek hier om ’n media vrystelling te lees van die Pestalozzi Trust oor die heftige reaksie van die minister.

Die duisende besware van ouers het egter nie die minister gekeer om voort te gaan om die kurrikulum op ’n onderduimse en ondeursigtige wyse aanvaar te kry deur die parlement nie. Kliek hier om ’n media vrystelling te lees van die Pestalozzi Trust waarin beskryf word op watter wyse die kurrikulum uiteindelik aanvaar is.

Staatskole volg die nasionale kurrikulum. Ook privaatskole volg die nasionale kurrikulum omdat hulle bang is dat hulle hul registrasie gaan verloor indien hulle dit nie doen nie (ondanks ’n hofuitspraak wat die nasionale kurrikulum nie-bindend verklaar). As kinders vir minstens 25 uur per week blootgestel word aan ’n kurrikulum wat die Intergeloof godsdiens bevorder, moet kerke nie verbaas wees dat hierdie kinders die kerk verlaat as hulle volwasse is nie.

Intergeloof in die onderwys

0

Comments

To download a free Beginners Guide and Article on Matric.

Resources

eLearning Superstore
Macmillan Clever Books
Hodder Books
Classical Comics
Macmillan eBooks
Accounting Game
Technology Solutions for E ...
Macmillan Mindset Support

Special Offers

Tutors

Ouers wat gebruik wil maak van tutors om hulle by te staan in hulle tuisonderwys kan hier kliek vir advertensies van individue en organisasies wat private tutor dienste aanbied.

Ons Missie

Sedert sy oprigting in 1992 het die Vereniging vir Tuisonderwys hom beywer vir die erkenning van ouers se reg om hulle kinders binne familieverband op te voed in Suid-Afrika, soos dit erken word in art. 26 van die Universele Verklaring van Menseregte wat verklaar: “Ouers het die reg om te kies watter tipe opvoeding hulle kinders ontvang.” Sedert 2010 bevorder die vereniging hierdie ouerlike regte ook in die Suider-Afrikaanse streek.