Loading

Homeschoolers R Us

Tutors

Parents that would like to make use tutors to assist with their home education can click here for advertisements of individuals or organisations that provide private tutoring services.

Twitter feed

Support the Association

Click on the image to apply for a MySchool card and select "Association for Homeschooling" as a beneficiary.

Our Mission

 

Since its inception in 1992, the Association for Homeschooling has promoted the recognition of the right of parents to educate their children within the family in South Africa, as it is recognised in art. 26 of the Universal Declaration of Human Right which states: “Parents have a prior right to choose the kind of education that shall be given to their children.” Since 2010, the Association also promotes these parental rights in the larger Southern Africa region.

Free Domain Name

Banner
Loading

Blog Articles

Hof bevestig : Nasionale kurrikulum bind nie private onderwys nie

Posted on
  • Font size: Larger Smaller
  • Hits: 1894
  • 0 Comments
  • Print
  • PDF

Verklaring deur die Pestalozzi Trust        25 Maart 2011

Regter Cynthia Pretorius het vandag in die Pretoriase Hooggeregshof verklaar dat die nasionale kurrikulum nie bindend is op onafhanklike skole en ouers wat tuisonderwys gee nie. Lees meer.

Die regter het ‘n aansoek deur tuisskolers en private skole, om die kurrikulum nie-bindend te verklaar, verwerp. Sy het beslis dat ‘n uitspraak van die Grondwetlike Hof in 2001 die aansoek oorbodig maak.

Mnr. Bouwe van der Eems van die Pestalozzi Trust, ‘n regsfonds vir burgerlike en tuisonderwys het nogtans die uitspraak verwelkom omdat dit bevestig dat private onderwysinstellings eise om volgens die staatskurrikulum te onderrig, rustig kan ignoreer.

Hy verklaar dat dit rustigheid sal bring by duisende ouers en private onderwysinstellings wat hulle gedurig moet verset teen onregmatige eise en druk van onderwysamptenare dat hulle kinders ooreenkomstig die nasionale kurrikulum moet onderrig.

Hy wys daarop dat tienduisende tuisskoolouers en duisende private skole tot dusver geweier het om by die owerheid te registreer weens onregmatige eise soos dat hulle aan die nasionale kurrikulum moet voldoen as voorwaarde vir registrasie. Van der Eems meen dat hierdie ouers en skole deur hierdie uitspraak gelyk gegee word.

Hy meld dat vele ouers en skole ook tevore geswig het onder intimidasie deur onderwysamptenare om aan sulke onregmatige eise te voldoen. Hy verwag dat meer van hulle nou sal opstaan vir die internasionaalerkende reg van kinders om onderwys te ontvang wat verskil van die onderwys wat die staat aanbied.

Die Pestalozzi Trust betreur dit dat die saak so lank geduur het en kry die indruk dat die minister die minister hand en tand geveg het om die saak uit die hof te hou terwyl sy en amptenare op alle vlakke volgehou het om die kurrikulum op private onderwys af te dwing. Die Trust doen ‘n beroep op onderwysowerhede om in die toekoms beter met belanghebbendes te kommunikeer en konsulteer oor die maatreëls wat hulle op private onderwys probeer afdwing.

Vir verdere inligting: Leendert van Oostrum 012 330 1337

===================================================

Kliek hier om 'n verslag van die hofsaak deur Beeld te lees.

0

Comments

To download a free Beginners Guide and Article on Matric.

Resources

Christian Homeschooling Bo ...
IMPAK Learning Centres
Afstandsonderrig
Learning Centre mailing li ...
Hodder Books
English Gr. 8-12 teaching ...
Making music is childs pla ...
Bybel-gebaseerde hulpbronn ...

Special Offers

Tutors

Ouers wat gebruik wil maak van tutors om hulle by te staan in hulle tuisonderwys kan hier kliek vir advertensies van individue en organisasies wat private tutor dienste aanbied.

Ons Missie

Sedert sy oprigting in 1992 het die Vereniging vir Tuisonderwys hom beywer vir die erkenning van ouers se reg om hulle kinders binne familieverband op te voed in Suid-Afrika, soos dit erken word in art. 26 van die Universele Verklaring van Menseregte wat verklaar: “Ouers het die reg om te kies watter tipe opvoeding hulle kinders ontvang.” Sedert 2010 bevorder die vereniging hierdie ouerlike regte ook in die Suider-Afrikaanse streek.