Blog Articles
Boelie in skole neem toe
- Font size: Larger Smaller
- Hits: 1552
- 0 Comments
- Subscribe to this entry
- Bookmark
‘n Rede wat dikwels aangevoer word waarom ouers kies vir tuisonderwys, is omdat hulle kinders by die skool geboelie word. Volgens onlangse navorsing deur die Jeugeenheid van UNISA, is boelie ’n algemene verskynsel in skole, en is besig om toe te neem. Ongeveer drie uit elke tien leerders in skole is tans slagoffers van boelies.
Die navorsing toon dat boelie oor die algemeen besig is om toe te neem, maar ‘n nuwe vorm van boelie, naamlik kuberboelie is besig om besonder sterk te groei. Kuberboelie is wanneer skinderstories en gerugte oor persone via SMS of sosiale media versprei word. Ander vorme hiervan is die verspreiding van onvleiende of suggestiewe persoonlike foto’s of seksuele opmerkings.
Volgens Professor Deon Tustin het die gevolge van boelie ’n invloed op jongmense se emosionele funksionering en ontwikkeling. Dikwels voer die voorstanders van die skoolmodel aan dat kinders by skole leer om te sosialiseer. As dit so is, impliseer dit dat hierdie vorm van sosialiseringsonderrig vir 30% van leerders ’n nadelige invloed het op hulle emosionele funksionering en ontwikkeling.
Boelie is ’n verskynsel wat in publieke skole asook privaatskole voorkom. Soms word die boelieprobleem aangespreek, maar in baie gevalle is skole nie bereid om iets omtrent die probleem te doen nie. In ’n geval waar meerdere leerders betrokke is by die boelie van ’n enkele leerder, verkies die skool dikwels om nie die probleem aan te spreek nie, aangesien die skool verkies om die steun te behou van die meerderheid ouers van die leerders wat skuldig is aan die boeliepraktyk, ten koste van die minderheid van die ouers wie se kinders die slagoffers is. Dit lei daartoe dat daar toenemend verslae in die media verskyn oor leerder wat geboelie is in die skool, en die skool niks daaraan gedoen het nie.

Comments
-
Please login first in order for you to submit comments



















