Loading

Homeschoolers R Us

Tutors

Parents that would like to make use tutors to assist with their home education can click here for advertisements of individuals or organisations that provide private tutoring services.

Twitter feed

Support the Association

Click on the image to apply for a MySchool card and select "Association for Homeschooling" as a beneficiary.

Our Mission

 

Since its inception in 1992, the Association for Homeschooling has promoted the recognition of the right of parents to educate their children within the family in South Africa, as it is recognised in art. 26 of the Universal Declaration of Human Right which states: “Parents have a prior right to choose the kind of education that shall be given to their children.” Since 2010, the Association also promotes these parental rights in the larger Southern Africa region.

Banner
Loading

In 'n neutedop

As tuisonderwys vir u nuut is, en u daarmee wil begin, hier is 5 maklike stappe hoe om te begin:

1) As u kind in ’n skool is, haal die kind uit die skool. Die wet vereis nie dat ouers enige papierwerk aan die skool verskaf nie. Dit word egter aanbeveel om hoflikheidhalwe die skool in te lig dat u besluit het om u kind tuisonderrig te gee, en te vra vir 'n oorplasingssertifikaat. As u nie die sertifikaat ontvang nie, moet egter nie bekommerd wees nie.

2) Die SA Skolewet vereis dat ouers hulle kinders moet registreer vir onderwys tuis. Die praktyk is egter dat meeste provinsiale onderwysdepartemente nie die  administratiewe vermoëns het om kinders te registreer vir tuisonderwys nie. Sommige van die groter provinsies het ’n beperkte administratiewe vermoë om wel tuisleerders te registreer. Ongelukkig het die amptenare in daardie departemente beperkte insig in tuisonderwys en die wetlike voorskrifte oor tuisonderwys. As gevolg hiervan vra hierdie amptenare dat ouers aan allerhande vereistes moet voldoen wat nie deur die wet voorgeskryf word nie, voordat hulle kan registreer vir tuisonderwys. As gevolg van hierdie situasie is meer as 90% van tuisskool gesinne nie geregistreer by die Departement van Onderwys nie. Ouers word aanbeveel om die dokument “Regsoorwegings in Tuisonderwys” te lees op die webwerf van die Vereniging vir Tuisonderwys (kies die “Legal” oortjie) te lees en die Pestalozzi Trust te skakel.

3) Word ingelig oor tuisonderrig. ’n Goeie beginpunt is die Beginnergids op die webwerf van die Vereniging vir Tuisonderwys. Besoek www.tuisskolers.org, kies die “Getting Started” oortjie op die spyskaart en kliek op “Beginner Gids”. (U moet by die webwerf aansluit om toegang te kry) Woon werkswinkels oor tuisonderwys by. Hou die "Events" bladsy van die webwerf dop vir advertensies vir werkswinkels.

4) Kies ’n tuisonderwys benadering en ’n kurrikulum wat die behoeftes van u en u kinders aanspreek. Besonderhede van kurrikulums kan gevind word op die webwerf van die Vereniging vir Tuisonderwys onder die “Curriculums” oortjie. U kan ook 'n kurrikulum uitstalling bywoon. Besonderhede oor uitstallings kan gevind word onder die “Events” oortjie op die die webwerf.

5) Sluit aan by tuisonderwys ondersteunings- en –besprekingsgroepe en praat met ander tuisskoolouers. Besonderhede oor sulke groepe kan gevind word onder die “Support” opsie op die die webwerf.

To download a free Beginners Guide and Article on Matric.

Resources

for little fishes in a big ...
IMPAK Leersentrums
Afstandsonderrig
Bybel-gebaseerde hulpbronn ...
Christian home-schooling c ...
Macmillan Mindset Support
Musiek maak is kinderspele ...
Macmillan eBooks

Special Offers

Tutors

Ouers wat gebruik wil maak van tutors om hulle by te staan in hulle tuisonderwys kan hier kliek vir advertensies van individue en organisasies wat private tutor dienste aanbied.

Ons Missie

Sedert sy oprigting in 1992 het die Vereniging vir Tuisonderwys hom beywer vir die erkenning van ouers se reg om hulle kinders binne familieverband op te voed in Suid-Afrika, soos dit erken word in art. 26 van die Universele Verklaring van Menseregte wat verklaar: “Ouers het die reg om te kies watter tipe opvoeding hulle kinders ontvang.” Sedert 2010 bevorder die vereniging hierdie ouerlike regte ook in die Suider-Afrikaanse streek.