Homeschooling Events
24 Mei : ATKV Junior Taalolimpiade (Landwyd)Vir meer inligting of om te antwoord, stuur asseblief 'n e-pos na: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it Die sluitingsdatum is 24 MEI 2012 Die ATKV bied hierdie jaar weer vir skole 'n Afrikaanse Taalolimpiade aan. Daar is geen voorbereiding wat gedoen moet word nie!! Alle tuisskolers kan dus deelneem onder die vaandel van Cape Home Educators wat as 'skool' by die ATKV geregistreer is. Daar is vir die Juniorafdeling (graad 7-9) 2 vraestelle. Die een vraestel is vir Afrikaans Huistaal of daar kan ingeskryf word vir Afrikaans as Eerste Addisionele Taal, wat geskryf word deur kinders wie se huistaal bv Engels is. Die koste beloop R35 per kind. Ek moet asseblief almal wat deelneem se name, geboortedatum en posadres nie later as 24 Mei 2012 tesame met 'n bewys van betaling hê nie. (Geen laat inskrywings word deur die ATKV aanvaar nie!) Die betalings moet verkieslik elektronies in Cape Home Educators se bankrekening inbetaal word. Laat weet asseblief almal wat belangstel sodat ek jul van die bankbesonderhede kan voorsien. Cape Home Educators se bankbesonderhede verskyn ook voor in die Nuusbrief. Die eksamendatum is 3 September 2012. Daar is 2 ure wat toegelaat word om die vraestel te skryf. DIE PRYSE IS AS VOLG: Nasionale Wenners ontvang die volgende: (Huistaal en Afrikaans Eerste Addisionel Taal elk) * Eerste Prys R1500 * Tweede Prys R1000 * Derde Prys R500 Provinsiale Wenners van elke Provinsie ontvang R300 elk Elke deelnemer ontvang 'n sertifikaat. Die vraestel bestaan slegs uit meerkeusige vrae, diegene wat wil weet hoe lyk die vraestel se formaat kan my kontak vir 'n vorige jaar se vraestel. Die Huistaal Vraestel bestaan uit die volgende Afdelings: - Stillees - Taalkunde - Poësie - Prosa - Drama Die Eerste Addisionele Taal-vraestel bestaan uit die volgende afdelings: - Begrip - Taal - Poësie - Prosa Vriendelike Taalgroete. Linda Koetsier Tel 021 883 2924 / Sel 083 683 1858 |
|
|








