Loading

Homeschoolers R Us

Tutors

Parents that would like to make use tutors to assist with their home education can click here for advertisements of individuals or organisations that provide private tutoring services.

Twitter feed

Support the Association

Click on the image to apply for a MySchool card and select "Association for Homeschooling" as a beneficiary.

Our Mission

 

Since its inception in 1992, the Association for Homeschooling has promoted the recognition of the right of parents to educate their children within the family in South Africa, as it is recognised in art. 26 of the Universal Declaration of Human Right which states: “Parents have a prior right to choose the kind of education that shall be given to their children.” Since 2010, the Association also promotes these parental rights in the larger Southern Africa region.

Banner
Loading
Suidland Media

ONS GEMEENSKAPLIKE HISTORIESE ERFENIS

 

DIE BASIS VIR 'N SPRONG NA DIE TOEKOMS

 

Ons volk bevind hom tans in ‘n voortbestaanskrisis, gekenmerk deur grootskaalse verwarring en koersloosheid. Vir baie lyk asof daar geen uitweg uit die huidige staat van verslaafdheid en vernedering is nie. Dit hoef ons egter nie in wanhoop te laat verval nie.  Ons het ‘n historiese erfenis wat aan ons ‘n vaste, veilige en kragtige basis vir ‘n sprong na die toekoms bied.  Ons geskiedenis lewer die getuienis van

-       die wonderbaarlike ingrype van 'n Almagtige God om ons volk uit doodsgevare te red,

-       manne en vroue wat deur hulle gelowige en verbeeldingryke dade vir ons 'n land aan die wildernis, barbarisme en imperialisme ontruk het,

-       die beginsels waarop ons volkslewe gebou is en wat van ons 'n sterk en gerespekteerde volk gemaak het,

-       die wyse waarop ons voorouers uitdagings en bedreigings hanteer het en waaruit ons baie kan leer.

 

‘N VIERING VAN ONS GESKIEDENIS EN ‘N VISIE VIR DIE TOEKOMS

 

Die bemagtiging van die kennis van ons geskiedenis kan weer in ons harte geloof in die God van ons vaders bewerk, helderheid van insig bring en hoop op die toekoms gee. Ons volk moet weer sy geskiedenis leer ken en met die oog daarop het die Instituut vir Geskiedenis en Kultuur en Suidland Media 'n historiese inligtingsaand gereël.  Die doel daarvan is om verskaffers en gebruikers van historiese inligting bymekaar te bring.  Suidland Media sal sy reeks van ±70 historiese DVD’s en CD’s bekendstel en te koop aanbied.  Verskeie uitgewers en filmvervaardigers sal hulle historiese boeke en DVD’s vertoon en te koop aanbied.  Instansies wat betrokke is by die bevordering van ons geskiedenis sal hulle aktiwiteite bekendstel en historici en skrywers van geskiedkundige boeke sal ook genooi word om daar te wees.

 

“BRING BYMEKAAR WAT UIT INNERLIKE OORTUIGING BYMEKAAR HOORT”

 

Met hierdie woorde het wyle Dr. DF Malan die grondslag gelê vir die volkseenheid wat in 1961 uiteindelik op ‘n eie republiek uitgeloop het.  Ons geskiedenis bied ‘n grondslag vir ware volkseenheid en daarom wil ons alle Boere/Afrikaners met ‘n belangstelling in en liefde vir ons geskiedenis met hierdie woorde nooi om ons geleentheid by te woon.  Ouers vir wie dit belangrik is dat hulle kinders die ware feite van die geskiedenis leer, studente, skoliere, geskiedenisonderwysers en verskaffers van tuisonderrig behoort in besonder baat by die geleentheid te vind.  Vir diegene met ‘n passie vir die bewaring en uitbouing van ons historiese erfenis sal dit ‘n geleentheid wees om mede-volksgenote met ‘n soortgelyke passie te ontmoet en gedagtes te wissel oor die uitlewing van hulle gemeenskaplike belangstelling.  Die byeenkoms het geen politieke doelstellings of agenda nie.


 

NAVRAE EN INLIGTING

·      Navrae kan gerig word aan: 

-       Meinhard Peters  by meinhard.peters@gmail.com / 082 – 921 9706

-       Frikkie Strauss by  toekoms@suidland.net / 082 – 493 3785

                  

·      Verdere inligting oor die program, DVD’s en CD’s wat deur Suidland Media versprei word en geskiedkundige boeke van verskeie uitgewers kan verkry word op www.suidland.com.

 

 

 

Hoe dieper jy in die verlede kan inkyk, hoe verder kan jy in die toekoms insien. (Winston Churchill)

 

 

Nota:  Suidland Media en Die Suidlanders is twee verskillende instansies wat op verskillende terreine van die volkslewe opereer.

Kliek hier om die pryslys af te laai.

Pic1

Pic2

Pic3

Pic4

Kliek hier om die pryslys af te laai.

General details

Sold by: Advertisements

Ad details

Ad ID:105
Ad views:1387
Ad expires:2013-09-13
Added:2012-09-20

To download a free Beginners Guide and Article on Matric.

Resources

Regsbeskerming aan leersen ...
Macmillan Matric Study Gui ...
Grade 10 – 12 online pract ...
Afstandsonderrig
Macmillan Solutions For Al ...
Tuisonderwys konsultant
Helps you help your child
Learn Anywhere, Anytime

Special Offers

Tutors

Ouers wat gebruik wil maak van tutors om hulle by te staan in hulle tuisonderwys kan hier kliek vir advertensies van individue en organisasies wat private tutor dienste aanbied.

Ons Missie

Sedert sy oprigting in 1992 het die Vereniging vir Tuisonderwys hom beywer vir die erkenning van ouers se reg om hulle kinders binne familieverband op te voed in Suid-Afrika, soos dit erken word in art. 26 van die Universele Verklaring van Menseregte wat verklaar: “Ouers het die reg om te kies watter tipe opvoeding hulle kinders ontvang.” Sedert 2010 bevorder die vereniging hierdie ouerlike regte ook in die Suider-Afrikaanse streek.