fbpx

OUR MISSION : Empowering parents to choose the best education for their children. LOCKDOWN EDUCATION : Click here for tips on education during lockdown.

Bookmark this event! Read more
Education Solutions from Preschool to Grade 12 Read more
SAHomeschoolers.Org is an independent website that promotes home education in general and is not associated with any specific curriculum or homeschool Read more

Homeschool ABC

A

Approaches

Popular homeschooling approaches and styles ...

+ View
B

Beginning

5 Easy steps to start homeschooling ...

+ View
C

Curriculum

How to choose a curriculum for your family ...

+ View

Videos

Font size: +
4 minutes reading time (795 words)

Prof. Jansen se frustasie

Ondergenoemde artikel is geskryf deur ‘n afgetrede lektor by ’n Suid-Afrikaanse universiteit, wat die lesers ’n insig gee hoe dinge in die praktyk op sommige universiteite gebeur. Die naam van die skrywer en die universiteit word op versoek van die skywer anoniem gehou. ------------------------------

Met volle simpatie het ek prof. Jonathan Jansen se artikel en kommentaar gelees m.b.t. “Die verneukery met uitslae” (DB 13-1-2012) en “Sou ek my kind hier skool toe stuur?” (By 14-1-2012).

Vergun my om by voorbaat te sê dat ek “wit” is, gepensionneerd en grys hare het. Meer as 20 jare was ek, na ‘n lang periode in die sake sektor, ‘n dosent by ‘n instelling van tersiêre onderwys. Het die “liberation before education”  revolusie oorleef, weet hoe om korte mette te maak met traangas aanvalle van die polisie, hoe om ‘n oproerige studente skare te beheer terwyl ek klas gee vir plus minus 200 studente, (as dosent het ek verantwoordelik gevoel vir die veiligheid van studente wat in my klas was). Verder het ek aanhoudend toets- en eksamenvrae plus antwoord memoranda opgestel en was oorwegend teleurgesteld oor die studente se resultate. ‘n Slaagsyfer van 40% was geen uitsondering nie (ongeag of hulle 1ste., 2de., of finale jaars’ studente was) nie.
Gevolglik was ek meer as een keer op die “rooi tapyt”. Die studenteraad was dikwels in my kantoor met die eis (demand) om punte op te stoot. Ek het, na uitvoerige verduideliking, geweier. Die volgende stasie was die departementshoof wat geëis het dat ek al die skrifte weer nasien (daar was dikwels drie honderd of meer!) om te sien of ek genadiglik nie punte kon verbeter nie.

Ek kon of wou nie.

Die volgende stasie was die universitet’s owerheid (senaat of rektor). Selfde storie. Kan ek asb. die punte nie met 15 tot 20 % opstoot nie. Ek het geargumenteer waar die eksamen vrae vandaan kom. Bls. soveel van die voorgeskrewe boek of uitgereikte nota’s en wanneer dit in die klas behandel is. Ek het voet by stuk gehou. Boonop het ek bewys, met behulp van aanwesigheidsregisters, dat klasbywoning pateties was, om die minste te sê.

Dit het my akademiese loopbaan geen goed gedoen nie. Persoonlik het ek nie omgegee nie. Dit was my plig om die beste vir die studente te gee en ek het.

Ongelukkig was ek lid van die fakulteit se studente sake komitee. Alweer dieselfde storie. Tot my stomme verbasing was dit nie ‘n student se prestasie in die eksamen nie maar eerder ‘n student se potensiaal wat die deurslaggewende faktor sou wees.. Ek het simpatie gehad met die argument maar wie bepaal ‘n student se potensiaal? Is dit ‘n universiteit se taak?

Op sagmoedige wyse is ek verwys na ‘n ander departement se beleid om voor die eksamen die “moontlike eksamen vrae” bekend te maak. Meesal vier of vyf, waar van die studente verwag word om drie vrae of so te beantwoord. Die departement se slaagsyfer was uit die aard van die saak baie hoër as myne.

Vandag, skat ek, sit hulle met hul skootrekenaars in hul kantore, verdien ‘n uiters redelike salaris (geen probleem daarmee nie) en het hulle BMW’s met of sonder blou ligte. Waar dit egter by dienslewering en administrasie kom het ek my twyfels en kan waarskynlik baie verduidelik.

Dis die universiteit.

Nou kom ek by matriek.

Ek het aansoek gedoen vir ‘n pos as eksamen opsigter.
Toegegee, ek het ‘n verskuilde agenda gehad want ek wou weet wat die standaard van die matriek eksamen vrae was.
Met ‘n uitsondering hier en daar kan ek kategories verklaar dat dit lagwekkend was. Het prof. Jansen nie gesê dat studente (skuus, leerders) moes aansoek doen om te druip nie? Ek stem saam.

Daardie arme studente gaan universiteit toe waar die meeste nie hoort nie (potensiaal “of the not”). Hulle maak dit dan ook nie. Jammer vir die universiteit wat se subsidie van die owerheid ‘n samestelling is van die “intake, throughput and output” van studente, plus navorsing publikasies waarvoor die meeste (ek ingesluit) nie kans gesien het nie vanweë die enorme las van skrifte nasien, die opstel van toets- en eksamen vrae en antwoord memorandums, oneindige departement’s en fakulteit’s vergaderings, ens.

Sien, ek het volle simpatie en begrip vir prof. Jansen. Van my kant is daar hoegenaamd geen saak van “suur druiwe” nie. Ek het klasgee baie geniet. Om rou materiaal te kan omvorm tot “mense wat weet” was vir my ‘n voorreg.

Die kersie op die koek is dat ek, amper daagliks, mense in winkel sentrums, op konferensies, lughawens, e.d.m. ontmoet om my te groet met “Weet u nog/wel ...?”. Ek weet nie meer nie maar dit gee my veel genoegdoening.

×
Stay Informed

When you subscribe to the blog, we will send you an e-mail when there are new updates on the site so you wouldn't miss them.

Volwasse matriek vorder nog 'n stappie
Is education without corporal punishment feasible?

Related Posts

 

Comments

No comments made yet. Be the first to submit a comment
Already Registered? Login Here
Guest
Friday, 19 April 2024

Legal & Research

Research on Home Education

Research on home education consistently proves that home learners

+ View

Homeschooling and the law

Home schooling was recognized in 1996 in the SA Schools Act.

+ View

History of homeschooling in SA

History of home education in South Africa (Wikipedia article)

+ View

Centres

Learning centre overview

Homeschool, micro-school, learning centre, unregistered private

+ View

Start a Learning Centre

Important considerations when starting a learning centre

+ View

Find a learning centre

There are various ways to find learning centres. Since there is

+ View

Support

Homeschool Family blogs

Blogs by homeschooling families that share their experiences and ...

Tutors

Tutors provide additional support to homeschooling parents. ... ...

Support Groups

Forums where parents and learners discuss issues with each other and ...

Assessment Tools

Homeschoolers make use of a variety of formal and informal ...

Curriculums

Accelerated Christian Education

Education Solutions from Preschool to Grade 12

Welcome / Welkom

SAHomeschoolers.Org is an independent website that promotes home ...

Q & A

Most
  • Prev
  • Curriculums & Resources