fbpx

OUR MISSION : Empowering parents to choose the best education for their children. LOCKDOWN EDUCATION : Click here for tips on education during lockdown.

SAHomeschoolers.Org is an independent website that promotes home education in general and is not associated with any specific curriculum or homeschool Read more

Upcoming Events

Has no connect to show!

Homeschool ABC

A

Approaches

Popular homeschooling approaches and styles ...

+ View
B

Beginning

5 Easy steps to start homeschooling ...

+ View
C

Curriculum

How to choose a curriculum for your family ...

+ View

Videos

Font size: +
4 minutes reading time (886 words)

Kerke ignoreer tuisonderwys

Alhoewel dit lank reeds bekend is dat publieke skole in Suid-Afrika kinders vervreem van die Christelike godsdiens, is daar nog steeds min kerke wat ouers aanmoedig om tuisonderwys vir hulle kinders te gee. Wanneer institusies sekere ontwikkelinge ignoreer, staan dit bekend as ʼn institusionele blindekol, en dit lyk of kerke ʼn blindekol het vir tuisonderwys. 

Met die invoering van die Nasionale Kurrikulum in 2002 was een van die grootste besware daarteen die bevordering van die Intergeloofgodsdiens, veral in die leerarea van “Lewensoriëntering”. Volgens die Intergeloofgodsdiens is alle godsdienste in die wêreld menslike versinsels en is daar nie iets soos ’n ware godsdiens en ’n valse godsdiens nie. Gegee dat publieke skole die Intergeloofgodsdiens bevorder en die oorgrote meerderheid jongmense hulle onderwys daar ontvang, is dit nie verbasend dat hulle die kerk verlaat nie. Hierdie jongmense het vir 12 jaar, vir 30 – 40 uur per week, onderwys ontvang volgens ’n kurrikulum wat die Intergeloofgodsdiens bevorder, onder die bestuur van ’n minister wat verbind is tot die Intergeloof. Hierteen is ’n erediens van minder as ’n uur en 30 minute se kategese per week in die Christelike godsdiens nie opgewasse nie. 

Aan die ander kant het navorsing aangetoon dat tuisleerders minder geneig is om die kerk te verlaat. Navorsing in die VSA hieroor het ongeveer 10 000 jongmense betrek. Kinders wat Christelike privaatskole bygewoon het, het 27% meer waarskynlik by die kerk gebly in vergeleke met kinders wat publieke skole bygewoon het, maar tuisleerders het 3 keer meer waarskynlik by die kerk gebly. Tuisleerders was ook minder geneig saam te woon as kinders wat publieke of privaat-skole bygewoon het. 

Hoofstroom Afrikaanse kerke gee egter nie eintlik aandag aan tuisonderwys nie. In die 2015 sinode van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA) rapporteer die deputate vir Christelike onderwys dat hulle geen werk omtrent tuisonderwys gedoen het nie. In die Junie 2014 uitgawe van die “Kompas tydskrif van die Vrye Gereformeerde Kerke verskyn ʼn artikel wat oorwegend nie positief is oor tuisonderwys nie. 

Dit lyk ook of onafhanklike Christelike skole nie eintlik groei nie. Die deputate van die GKSA rapporteer ook die volgende : "Die omvang van private/onafhanklike onderwys/skole neem steeds toe, maar ongelukkig nie wat betref Christelike private onderwys nie. Private onderwys word al meer elite-onderwys vir rykmanskinders, ongeag kleur. Die privatesektor maak van die behoefte aan goeie onderwys gebruik deur al meer skole op te rig (byvoorbeeld die Curro-groep). Christelike skoolgroepe soos ARSO- en BCVO-skole het gemengde welslae wat wissel van plek tot plek." 

As tuisleerders minder geneig is om die kerk te verlaat, is dit daarom vreemd dat kerke min belangstelling toon in tuisonderwys. Om die redes te verstaan vir hierdie gebrek aan belangstelling, is opinies gevra van  intekenare op ʼn groot poslys van tuisskoolouers. Hierdie ouers het ʼn verskeidenheid moontlike redes gegee vir die gebrek aan belangstelling.

  1. Baie lidmate in die gevestigde kerke is nie werklik Christene nie, en dis hierdie mense wat negatief is oor tuisonderwys. Sulke lidmate sien tuisskolers as rebelle wat die gevestigde orde omvêr wil werp.
  2. Sommige tuisskolers in die kerk sien hulleself as superieur, en dit maak ander lidmate negatief oor tuisonderwys.
  3. Kerklidmate wat nie werklike Christene is nie is bang dat hulle naam, status en gewildheid sal afneem indien hulle positief is oor tuisonderwys.
  4. Predikante is dikwels oningelig oor tuisonderwys.
  5. Predikante is dikwels trots op hulle akademiese kwalifikasies wat hulle na skool verwerf het. Hulle voel dat dit vir hulle gewerk het en daarom ook vir ander behoort te werk.
  6. Sommige kerke het hulle eie skole of naby familie van predikante is betrokke by skole en hulle beskou tuisonderwys as ʼn bedreiging.
  7. Baie van die ouer lidmate dink nog in terme van Christelik Nasionale Onderwys en glo nog dat staatskole Christelik is.
  8. Sommige kerke meen dat hulle minder inkomste uit tiendes gaan ontvang as meer moeders ophou om buite die huis te werk.
  9. Omdat sommige meen dat ouers wat tuisonderwys gee later ook hulle kerk tuis gaan doen, word tuisonderwys as ʼn bedreiging vir die kerk beskou.

 Aan die ander kant meen sommige ouers dat daar in sommige kerke besig is om verandering te kom. Die volgende ontwikkelinge is rede tot optimisme:

 Aanvanklik was daar weerstand in die Katolieke kerk, aangesien dit gesien is as ʼn bedreiging vir katolieke skole. Dit lyk of die weerstand teen tuisonderwys in die Katolieke kerk besig is om af te neem, aangesien daar besef word dat onderwys die verantwoordelikheid van ouers is. In 2012 het die Vatikaan ʼn verklaring uitgereik waarin die VN opgeroep is om die regte van ouers te erken om die soort onderwys vir hulle kinders te kies.

  1. Weens hulle independistiese karakter, was sommige Baptiste kerke relatief positief oor tuisonderwys. In 2004 het die Suidelike Baptiste in die VSA ouers opgeroep om hulle kinders te onttrek uit staatskole.
  2. Plaaslik lyk dit of daar ʼn toename is van pastore in die Sewende Dag Adventiste kerk wat positief is oor tuisonderwys.

 Opsommend lyk dit of baie kerklike ampsdraers en lidmate tuisonderwys sien as ʼn bedreiging weens ongegronde vrese. Ongelukkig lei die vrese daartoe dat diegene wat negatief is oor tuisonderwys, bang is om in gesprek te tree met tuisskoolouers, en so bly die gebrek aan kennis en ongegronde vrese voortbestaan. So ondermyn kerklike ampsdraers die boublok vir die toekoms van die kerk, naamlik ʼn volgende geslag kerklidmate.

 

×
Stay Informed

When you subscribe to the blog, we will send you an e-mail when there are new updates on the site so you wouldn't miss them.

Western Cape bans alternative education
Jonathan Jansen attacks homeschoolers again

Related Posts

 

Comments 2

Diederik van der Eems on Tuesday, 16 February 2016 20:13

Ondergenoemde kommentaar wat deur 'n ouer op 'n tuisonderwys poslys geplaas is gee 'n praktiese illustrasie hoe hoe die ignorering van tuisonderwys in die praktyk plaasvind:

"Ons kinders leer al tuis vir die afgelope nege jaar. My oudste is 16 en sy is self in beheer van 'n bediening by ons gemeente. My kerk en Pastore WEET ons kinders ontvang tuisonderwys en ook dat die getal tuisleerders stadig toegeneem het in ons gemeente.

'n Paar Sondae gelede het ons 'n gebeds Sondag gehad vir al die graad eentjies en hul ouers. Alle ouers (my gesin ingesluit) is gevra om foto's in te stuur van ons eerste skooldag om dan ook op die oorhoofse skerm te vertoon tydens die diens.

So gemaak. Ek stuur toe fototjies in van my entoesiastiese tweeling graad ene!

Op die betrokke Sondag gaan staan ons baie trots as ouers voor in die kerk saam met 'n horde kleingoed vir gebed. Pastoor stap met die mikrofoon tussen die klein leerdertjies deur en vra vragies wat die kinders te dierbaar antwoord oor hul eerste skool daggies en die juffrou en wat in hul kosblikkies was.

Die ooglopendheid waarmee Pastoor toe by my kinders verbygehou het met die mikrofoon was opvallend. Nie 'n woord is gerep oor die brawe tuisonderwys ouers nie, en ook het my kinders se foto's nie die grootskerm gehaal nie.
"

Ondergenoemde kommentaar wat deur 'n ouer op 'n tuisonderwys poslys geplaas is gee 'n praktiese illustrasie hoe hoe die ignorering van tuisonderwys in die praktyk plaasvind: "[i]Ons kinders leer al tuis vir die afgelope nege jaar. My oudste is 16 en sy is self in beheer van 'n bediening by ons gemeente. My kerk en Pastore WEET ons kinders ontvang tuisonderwys en ook dat die getal tuisleerders stadig toegeneem het in ons gemeente. 'n Paar Sondae gelede het ons 'n gebeds Sondag gehad vir al die graad eentjies en hul ouers. Alle ouers (my gesin ingesluit) is gevra om foto's in te stuur van ons eerste skooldag om dan ook op die oorhoofse skerm te vertoon tydens die diens. So gemaak. Ek stuur toe fototjies in van my entoesiastiese tweeling graad ene! Op die betrokke Sondag gaan staan ons baie trots as ouers voor in die kerk saam met 'n horde kleingoed vir gebed. Pastoor stap met die mikrofoon tussen die klein leerdertjies deur en vra vragies wat die kinders te dierbaar antwoord oor hul eerste skool daggies en die juffrou en wat in hul kosblikkies was. Die ooglopendheid waarmee Pastoor toe by my kinders verbygehou het met die mikrofoon was opvallend. Nie 'n woord is gerep oor die brawe tuisonderwys ouers nie, en ook het my kinders se foto's nie die grootskerm gehaal nie.[/i]"
Diederik van der Eems on Friday, 19 February 2016 07:37

Dis nie net kerke wat tuisonderwys ignoreer nie. Burgerlike organisasies soos Afriforum ignoreer dit ook. In 'n lang artikel oor die onderwys deur die uitvoerende hoof van Afriforum is daar nie 'n enkele verwysing na tuisonderwys nie. http://goo.gl/GusUPu

Dis nie net kerke wat tuisonderwys ignoreer nie. Burgerlike organisasies soos Afriforum ignoreer dit ook. In 'n lang artikel oor die onderwys deur die uitvoerende hoof van Afriforum is daar nie 'n enkele verwysing na tuisonderwys nie. http://goo.gl/GusUPu
Already Registered? Login Here
Guest
Friday, 29 March 2024

Legal & Research

Research on Home Education

Research on home education consistently proves that home learners

+ View

Homeschooling and the law

Home schooling was recognized in 1996 in the SA Schools Act.

+ View

History of homeschooling in SA

History of home education in South Africa (Wikipedia article)

+ View

Centres

Learning centre overview

Homeschool, micro-school, learning centre, unregistered private

+ View

Start a Learning Centre

Important considerations when starting a learning centre

+ View

Find a learning centre

There are various ways to find learning centres. Since there is

+ View

Support

Homeschool Family blogs

Blogs by homeschooling families that share their experiences and ...

Tutors

Tutors provide additional support to homeschooling parents. ... ...

Support Groups

Forums where parents and learners discuss issues with each other and ...

Assessment Tools

Homeschoolers make use of a variety of formal and informal ...

Curriculums

Welcome / Welkom

SAHomeschoolers.Org is an independent website that promotes home ...

Q & A

Most
  • Prev
  • Curriculums & Resources