fbpx

OUR MISSION : Empowering parents to choose the best education for their children. LOCKDOWN EDUCATION : Click here for tips on education during lockdown.

SAHomeschoolers.Org is an independent website that promotes home education in general and is not associated with any specific curriculum or homeschool Read more

Upcoming Events

Has no connect to show!

Homeschool ABC

A

Approaches

Popular homeschooling approaches and styles ...

+ View
B

Beginning

5 Easy steps to start homeschooling ...

+ View
C

Curriculum

How to choose a curriculum for your family ...

+ View

Videos

Font size: +
3 minutes reading time (534 words)

Hoeveel tuisskolers is daar in Suid-Afrika?

Aangesien meer as 90% van tuisskoolouers nie registreer by die Departement van Onderwys of enige ander instelling nie, was daar tot dusver geen objektiewe of verifieerbare skatting van hoeveel tuisleerders daar in Suid-Afrika is nie. Skattings wat in die pers aangehaal is wissel van 30 000 tot 120 000.

In die sensus van 2011 is daar vir die eerste keer ’n vraag oor tuisonderwys (vraag P-18) in die sensus vraelys ingevoer. In die vraag oor watter soort opvoedkundige instelling bygewoon word, was daar ’n opsie om tuisonderwys te kies. Die Pestalozzi Trust het baie navrae ontvang oor die vraag of ouers hierdie vraag behoort te beantwoord. Ouers was bekommerd dat die beantwoording van hierdie vraag tot vervolging kan lei. Die Pestalozzi Trust het ’n verklaring uitgereik en aanbeveel dat ouers hierdie vrae eerlik beantwoord, aangesien die voltooing van die vraag nie tot vervolging kan lei nie en omdat die tuisskoolgemeenskap hierdie getalle nodig het.

Die uitslae van die sensus is onlangs vrygestel en volgens hierdie uitslae is daar 56 857 leerders wat tuisonderrig ontvang in Suid-Afrika. Ongeveer 12 000 van hierdie leerders is egter bo die ouderdom van 18, en is waarskynlik leerders wat nie matriek voltooi het nie en dit deur afstandsonderwys probeer voltooi. Dit kom daarop neer dat daar ongeveer 45 000 leerders is wat in ’n skool kon wees, maar hulle onderwys tuis ontvang.

Aangesien baie ouers huiwerig was om die vraag oor tuisonderwys te antwoord uit vrees vir vervolging, kan daar aangeneem word dat die opname van die sensus waarkynlik ’n onderskatting is. As aangeneem dat dit ’n onderskatting van 50% is, is ’n meer akkurate skatting van die hoeveelheid tuisleerders moontlik soveel as 90 000.

United Family International, ’n organisasie wat hom bevorder vir die gesin as bousteen van die samelewing het onlangs ’n opname oor tuisonderwys gemaak onder sy lede. Hierdie opname het aangedui dat 66% van die ouers wat ondervra is, aangedui het dat hulle nie tans tuisonderwys gee nie, maar oorweeg om dit in die toekoms te doen. As hierdie 66% van die ouers oor die volgende 5 jaar sou begin met tuisonderwys, so dit lei tot verdere sterk groei van tuisonderwys.

Gegee dat daar ongeveer 12 miljoen leerders in Suid-Afrikaanse skole is, impliseer dit dat tuisleerders ongeveer 0.75% van die skoolgaande bevolking uitmaak. Soos staatsonderwys in Suid-Afrika verval, kan verwag word dat die hoeveelheid tuisleerders gaan aanhou groei. Dit word bevestig deur Google Trends waarvolgens Suid-Afrika naas die VSA die land waar die meeste soektogte na die woord “homeschooling” gedoen word. In die VSA is die tuisleerders al ongeveer 3% van die skoolgaande bevolking en dit word beraam dat dit groei teen 10-12% per jaar. As tuisonderwys tot dieselfde vlakke groei as die VSA, kan die hoeveelheid tuisleerders in Suid-Afrika groei tot 360 000.

As daar aangeneem word dat tuisskoolouers gemiddeld ongeveer R5 000 per jaar per leerder spandeer aan produkte en dienste vir hulle kinders (dit kos die staat ongeveer R10 000 per leerder om staatsonderwys te verskaf), dan is die mark vir produkte en dienste vir tuisleerders ongeveer R450 miljoen per jaar met ’n potensiaal om te groei tot R1.2 triljoen. Tuisonderwys is dus vir seker ’n mark waarvan opvoedkundige verskaffers moet kennisneem.

×
Stay Informed

When you subscribe to the blog, we will send you an e-mail when there are new updates on the site so you wouldn't miss them.

Kan kinders ‘n Suid-Afrikaanse matriek deur tuison...
Moet tuisskoolouers registreer by die Departement?...

Related Posts

 

Comments 2

Bouwe van der Eems (website) on Monday, 11 February 2013 16:39

Ons het heelwat boodskappe ontvang van tuisskoolouers wat se dat hulle nie deelgeneem het aan die sensus nie, en dus nie getel is nie.

'n Ander ouer maak die interesante opmerking dat sommige sensusvorms nie die tuisonderwys opsie gehad het nie. "...you may be interested to know that our census forms did not have homeschooling as an option. Both my wife and I were involved in answering the questions but that particular question only offered state school attendance and private school attendance as options. We chose the latter, considering it to be the most accurate. Your article, in my reading, suggests that there was inconsistency in the census forms; homeschooling as an educational institution was either added or abrogated during the census process."

Hierdie terugvoering bevestig die aanname dat die sensus die hoeveelheid tuisskolers onderskat het.

Ons het heelwat boodskappe ontvang van tuisskoolouers wat se dat hulle nie deelgeneem het aan die sensus nie, en dus nie getel is nie. 'n Ander ouer maak die interesante opmerking dat sommige sensusvorms nie die tuisonderwys opsie gehad het nie. ".[i]..you may be interested to know that our census forms did not have homeschooling as an option. Both my wife and I were involved in answering the questions but that particular question only offered state school attendance and private school attendance as options. We chose the latter, considering it to be the most accurate. Your article, in my reading, suggests that there was inconsistency in the census forms; homeschooling as an educational institution was either added or abrogated during the census process[/i]." Hierdie terugvoering bevestig die aanname dat die sensus die hoeveelheid tuisskolers onderskat het.
Bouwe van der Eems (website) on Wednesday, 27 February 2013 21:58

As aangeneem word dat die tuisleerders in die provinsies proporsioneel versprei is soos wat die bevolking versprei is, dan kan die aantal tuisleerders in die provinsies soos volg geskat word:
Eastern Cape 11408
Free State 4773
Gauteng 21335
Kwazulu Natal 17849
Limpopo 9396
Mpumalanga 7023
North West 6102
Northern Cape 1992
Western Cape 10122

As aangeneem word dat die tuisleerders in die provinsies proporsioneel versprei is soos wat die bevolking versprei is, dan kan die aantal tuisleerders in die provinsies soos volg geskat word: Eastern Cape 11408 Free State 4773 Gauteng 21335 Kwazulu Natal 17849 Limpopo 9396 Mpumalanga 7023 North West 6102 Northern Cape 1992 Western Cape 10122
Already Registered? Login Here
Guest
Friday, 29 March 2024

Legal & Research

Research on Home Education

Research on home education consistently proves that home learners

+ View

Homeschooling and the law

Home schooling was recognized in 1996 in the SA Schools Act.

+ View

History of homeschooling in SA

History of home education in South Africa (Wikipedia article)

+ View

Centres

Learning centre overview

Homeschool, micro-school, learning centre, unregistered private

+ View

Start a Learning Centre

Important considerations when starting a learning centre

+ View

Find a learning centre

There are various ways to find learning centres. Since there is

+ View

Support

Homeschool Family blogs

Blogs by homeschooling families that share their experiences and ...

Tutors

Tutors provide additional support to homeschooling parents. ... ...

Support Groups

Forums where parents and learners discuss issues with each other and ...

Assessment Tools

Homeschoolers make use of a variety of formal and informal ...

Curriculums

Welcome / Welkom

SAHomeschoolers.Org is an independent website that promotes home ...

Q & A

Most
  • Prev
  • Curriculums & Resources